Omstrede politikus meen volksmoordooreekoms is vals
Die Namibiese politikus Kazenambo Kazenambo het gesê die volksmoord-ooreenkoms tussen Namibië en Duitsland kan nog ‘n volksmoord veroorsaak. Die voormalige uitgesproke minister het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie in Windhoek gesê dit is ‘n ‘valse’ volksmoord-ooreenkoms. Dr. Ndumba Kamwanya, ‘n politieke kommentator, het gesê hy stem saam met Kazenambo Kazenambo. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.