Onderwysminister sê skole bly oop midde pandemie

Ondanks stygende Covid-gevalle tussen leerders en onderwysers wat verskeie skole in genoop het om te sluit, het die Namibiese onderwysminister, Anna Nghipondoka, gesê dit gaan nie lei tot die landswye sluiting van skole nie. Lede van die parlement en die onderwysvakbond het ‘n beroep op die onderwysministerie gedoen om skole tydens die wintermaande van Junie en Julie te sluit. Nghipondoka het volgehou die derde semester gaan nie onderbreek word nie en onderrig gaan voort soos beplan.