Mens-dier-konflik Bestuursaksieplan op die boeke

Alhoewel dit lyk asof mens-dier-konflik in Namibië ‘n nimmereindigende probleem is, kan dit deur die regte bestuursmaatreëls verminder word. In die land bly gemeenskappe saam met wilde diere. Die Namibiese omgewingsministerie en nie-regeringsorganisasies werk saam om ‘n Mens-dier-konflik Bestuurs-aksieplan saam te stel. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie, verduidelik aan Kosmos 94.1 nuus wat hierdie konflik veroorsaak is.

Muyunda sê die omgewingsministerie en belanghebbendes werk saam om mens-dier-konflik te verminder.