Omstrede drie gee Cardiff oorwinning oor Stormers

‘n Omstrede drie wat aan die plaasvervanger stut, Rhys Litterick van Cardiff, in die 83ste minuut van hulle Verenigde Kampioenskapswedstryd teen die Stormers in die Walliese hoofstad toegeken is, het aan hulle ‘n oorwinning van 31-24 teen die Kaapstadse span besorg. Die Stormers keer nou terug nadat hulle al vier hulle wegwedstryde verloor het. Vanmiddag om drie is die Leeus die gashere vir Zebre van Italië in Johannesburg en die Bulle en Connacht pak mekaar om vyfuur op Loftus. Dit is vanaand om sewe die Haaie se beurt wanneer hulle met die Dragons van Wallis in Durban kragte meet.