Omgewingsministerie waarsku wildmisdadigers

Die Namibiese omgewingsministerie het voor die feesseisoen voornemende wildmisdagers gewaarsku om nie wild te stroop nie, maar ‘n 28-jarige Namibiese man van Okangwati het sy rieme in die Etosha Nasionale Park styfgeloop. Die man wou glo saam met ander voornemende stropers, volgens intelligensie-geleide inligting, renosters aan die westekant van die Etosha stroop. Hy is met ‘n vuurwapen en vyf patrone in sy besit in hegtenis geneem. Die verdagte verskyn vandag in die hof vop vyf aanklagte. Kosmos 94.1 nuus het met die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda gepraat.