DA: Klagtes oor Sassa en Posbank  

Die DA sê hy word vir die derde agtereenvolgende maand steeds oorval met oproepe van begunstigdes van maatskaplike toelaes wat nie hul geld ontvang het nie. Dit volg nadat Sassa en Posbank verklarings uitgereik het waarin hulle sê die probleme sal uitgeklaar word. Bridget Masango van die DA sê in die lig van die fiasko met die uitbetalings van toelae in November sou mens dink al die probleme wat geïdentifiseer is sou teen die Desember-uitbetalings opgelos wees.