Limpopo-hospitaal sedert Kersfees sonder lopende water

Limpopo se departement van gesondheid sê berigte oor die Malamulele-hospitaal op sosiale media is onwaar. Pasiënte, insluitend dié in die kraamsaal, word luidens die berigte genoodsaak om buite die hospitaal hulle te gaan water haal. Die departement se woordvoerder, Neil Shikwambana, sê dit is egter waar dat die hospitaal sedert Kersfees sonder lopende water is weens ‘n pyp wat gebars het.