Omgewingsministerie skop landwye skoonmaakveldtog op Rundu af

Die Namibiese omgewingsministerie het hul landwye skoonmaak-veldtog vir die feesseisoen by Rundu afgeskop om bewustheid teen rommelstrooiing te verhoog. Rundu staan bekend as een van die vuilste dorpe in Namibië waar rommel erg gestrooi word. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, sê die ministerie is bekommerd dat die land al hoe vuiler word en rommel is ‘n seer oog en afskrikmiddel vir toeriste en voornemende beleggers. Hy sê Rundu se taxibestuurders het positief op die veldtog gereageer nadat hulle vullissakke en T-hemde ontvang het. Taxi- en busbestuurders het saam met die straatverkopers hul besigheids-area by die vulstasie langs die Trans-Zambezi-hoofweg skoongemaak.