Ramaphosa tot ANC-president herkies

ANC-president Cyril Ramaphosa is op die party se 55ste nasionale verkiesingskonferensie in Nasrec, Johannesburg, herkies as die party-president. Ramaphosa het 2 476 stemme ontvang teenoor dr. Zweli Mkhize se 1 897 stemme. Ramaphosa se adjunk is Paul Mashatile en die sekretaris-generaal is Fikile Mbalula. Meer as 4 000 afgevaardigdes het vir die party se top-sewe gestem