Blitsbokke dra weer die kroon by Dubai Sewes

Die Blitsbokke het met ‘n skitterende vertoning vorendag gekom om Ierland in die eindstryd van die Dubai Sewestoernooi  te klop. Suid-Afrika het drie drieë gedruk om met 21-5 te seëvier en sodoende dié toernooi ‘n vierde agtereenvolgende keer te wen. Dit is die tiende keer dat die Blitsbokke die toernooi in die Verenigde Arabiese Emirate wen. Dit is die Blitsbokke se eerste toernooi-sege met Sandile Ngcobo as afrigter.