Kaapstad-lughawe lok miljoene toeriste

Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger, sê net meer as sewe miljoen tweerigting passasiers het tussen Januarie en November vanjaar deur die Kaapstadse Internasionale Lughawe beweeg. Dit sluit 1,62 miljoen internasionale en 5,39 miljoen binnelandse retoer-passasiers in. Wenger sê hulle verwag ‘n uiters indrukwekkende somerseisoen met 191 internasionale vlugte wat vanaf die begin van volgende jaar elke week in Kaapstad sal land, en altesaam 1,56 miljoen tweerigting-sitplekke verteenwoordig.