Omgewingskenner: Zambezirivier se biodiversiteit moet beskerm word

Namibiese omgewingskenner en uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown, sê dit maak sin dat omgewingsaktiviste in Zambië die regering versoek het om die permit wat mynboubedrywighede in die Laer-Zambezirivier-kom moontlik maak, te heroorweeg en terug te trek. Save Zambezi for Safe Zambezi het gesê dat onmiddellike stappe gedoen moet word om al die water in die Zambezi-rivier te beskerm, aangesien dit ‘n gedeelde hulpbron vir vyf lande, insluitend Namibië, is. Brown stem saam die Zambezi-kom is ‘n bron van lewe vir ‘n wye verskeidenheid spesies en biodiversiteit. Brown het aan Kosmos 94.1 Nuus sy mening gegee.