Ovaherero wil Rukoro op 18 Julie begrawe

Die Ovaherero Tradisionle Owerheid het ‘n beroep op die regering gedoen om hul ontslape opperhoof, Vekuii Rukoro, op 18 Julie te begrawe. Hierdie datum val saam met die dood van die opperhoof Hosea Kutako in 1970. Die beroep is in stryd met die Covid-maatreëls wat bepaal dat die oorskot van ‘n persoon wat weens Covid-19 gesterf het, binne sewe dae begrawe moet word. Die owerheid het sedertdien gesondheidsowerhede betrek in die hoop dat hul versoek toegestaan sal word. Die sekretaris-generaal van die owerheid, Mutjinde Katjiua het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle nog geen reaksie ontvang het nie, maar maar intussen is die bestuurskomitee besig om die begrafnisreëlings te tref.