Stormers en Ospreys speel gelykop

Rugby: ‘n Drie in die doodsnikke van ‘n opwindende Verenigde Kampioenskaps-wedstryd het die Ospreys gehelp om gisteraand gelykop te eindig teen die Stormers in ‘n nat Swansea in Wallis. Die eindtelling was 16-elk, met beide spanne wat net een drie aangeteken het. Paul de Wet het die Stormers se drie gedruk. Vanmiddag om twee-uur pak die Leeus, Ulster op Ellispark. Net ná vier-uur kom die Sharks teen die Glasgow Warriors te staan op KingspPark. En, vanaand sê die Bulls en Munster mekaar die stryd aan in Limerick, in Ierland.