Omgewingsaktiviste bestorm vliegtuie op Schipol-lughawe

Honderde omgewings-aktiviste met wit oorpakke het ‘n gebied met private stralers by die Amsterdamse Schiphol-lughawe bestorm en vliegtuie ure lank gekeer om te vertrek deur voor hul wiele te gaan sit. Militêre polisie het tientalle van die betogers in busse weggeneem het. Meer as 100 aktiviste is in hegtenis geneem. Die betoging het in en om die lughawesentrum plaasgevind wat deur Greenpeace en Extinction Rebellion gereël is in die opbou tot die COP27 Klimaatberaad wat vandag in Egipte begin. Die omgewingsgroep sê Schiphol is die grootste bron van koolstofdioksied-vrystellings in Nederland, wat jaarliks 12 miljard kilogram vrystel.