Krieket: Nederland boender Proteas uit T20 Wêreldbeker

Krieket: Die Proteas het vanoggend nog ‘n nederlaag by die T20 Wêreldbeker gely wat hulle so te sê uit die toernooi geboender het. Nederland het hulle in Adelaide, Australië, met 13 lopies geklop. Die Nederlanders het 158 vir vier aangeteken, terwyl Suid-Afrika slegs met 148 vir vyf kon antwoord. Die Proteas het vroeër op dieselfde veld teen Pakistan verloor. Die gasheer, Australië, is intussen ook uit die wedloop ná Engeland Saterdag deur is na die halfeindronde met ‘n spanningsvolle oorwinning van vier paaltjies teen Sri Lanka