Geskorste openbare beskermer word dalk uit haar huis gesmyt

Die geskorste openbare beskermer in die buurland, Busi Mkwebane, staar glo uitsetting uit haar huis in die eksklusiewe Bryntirion-ministeriële landgoed in Tshwane in die gesig. Daar word beraam Mkhwebane het die kantoor van die Openbare Beskermer sowat vier miljoen Suid-Afrikaanse rand laat betaal vir haar persoonlike huisvesting, ondanks die feit dat sy in haar eie huis kon woon. Sy het ook miljoene rande se regskostes aangegaan in die verdediging van sake teen haar.