Ombudsman sê 5G moet ondersoek word  

Die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, sê meer navorsing moet oor 5G-tegnologie gedoen word. MTC sê hy het sy netwerk-infrastruktuur opgegradeer om te verseker dat hy gereed is om 5G-tegnologie te ontplooi. Die stappe is geneem ter voorbereiding vir die toekomstige opheffing van die land se bestaande moratorium op 5G. Die inligtingsminister dr. Peya Mushelenga het onlangs aangekondig dat die regering nog ten gunste is van die moratorium wat in 2020 ingestel is na samesweringstoerieë oor Covid en 5G. Die regering sal weer tussen Maart en Junie volgende jaar na die kwessie kyk. Die regering het destyds opdrag aan die omgewingsministerie gegee om na die impak van 5G te kyk en ook die kommunikasie regulerende owerheid, Cran, gevra om ‘n 5G-strategie te ontwikkel. Talle Afrika-lande het reeds 5G bekendgestel. Dyakugha sê die regering moet die gerugte oor oor die moratorium as gevolg van Covid-sameswerings verduidelik.