VSA vaar uit teen China oor kuberaanval op Microsoft

Die Withuis se woordvoerder, Jen Psaki, sê hulle beskou kuberaanvalle op Amerika en teen ondernemings in die privaatsektor in ‘n ernstige lig. Amerika en verskeie bondgenote asook Navo, het kragte saamgesnoer om China aan die kaak te stel en te kritiseer vir ‘n reeks van kuberaanvalle. China word beskuldig dat hy vroeër vanjaar verantwoordelik was vir aanvalle op sowat 250 000 Microsoft Exchange-bedieners. Psaki sê hulle hou China se ministerie van Staatsveiligheid verantwoordelik vir kwaadwillige kuberbedrywighede: