Ombud sê dis nie wetgewing nie, dis plaaslike owerhede wat mense in steek laat

Die Namibiese ombud, Basilius Dyakugha sê hy is nie noodwendig ten gunste daarvan dat die Plakkersordinans van 1985 geskap moet word nie. Dit kom na sy aanmerkings oor die gedwonge verwydering van inwoners in Katima Mulilo, wat hy as apartheid beskryf het. Die aktivis Dimulukeni Nauyoma poog om die wetgewing te laat skrap in die hoërhof maar, Dyakugha sê die wetgewing is nie die probleem nie, plaaslike owerhede is.