Hervestigde boere mag net onder sekere stipulasies onderverhuur

Daar is kommer oor swendelaars wat hervestigde boere teiken om ‘n deel van ‘n boerdery-eenheid te huur. Volgens die Namibiese Landbou-unie word dit wel toegelaat maar, daar is wetgewing wat nagekom moet word. Die unie sê die hervestigde boer moet skriftelike toestemming bekom by die lynminister om ‘n stuk van sy eenheid onder te verhuur en verder dat dit nie meer as 50 persent van sy toegekende eenheid mag beslaan nie.