Japan maak ook vir toeriste

Japan heropen op die elfde van volgende maand sy deure vir buitelandse toeriste nadat dit vir twee-en-‘n-half jaar weens Covid-19-beperkings gesluit was. Eerste minister Fumio Kishida sê hulle wil ook die beperking op die aantal toeriste wat die land mag binnekom, verhoog. Boonop kan mense die land besoek sonder om deur ‘n reisagentskap te werk of ‘n visum te kry. Toeriste moet egter steeds bewys hulle is drie keer ingeënt en ‘n negatiewe Covid-19-toets toon om die land binne te gaan. Japan het in 2019, die laaste jaar voor die pandemie, byna 32 miljoen toeriste ontvang.