Omaheke verloor N$8,8m in veediefstal in 2020

Veediefstal is ‘n daadwerklike uitdaging regoor die land en verskeie kommersiële boere het reeds met senior polisie in verskeie gebiede en streke ervaar. Volgens die goewerneur van die Omahake-streek Pijoo Nganate, het boere in die streek in 2020 8,8 miljoen Namibiese dollar verloor met veediefstal. Volgens Nganate speel die gemeenskap ‘n kern rol in die bekamping van die tipe misdaad. In Mei 2020 het ‘n teen-veediefstal-eenheid in die streek ‘n sindikaat oopgevlek wat 20 bees weekliks geteiken het vir lewering aan kapana-handelaars in die Khomas-streek. Daardie tyd is 88 diere teruggevind.