Alec Baldwin skiet vrou dood

Die polisie in Amerika het bevestig dat die akteur Alec Baldwin per ongeluk die rolprentopnemer Halyna Hutchins doodgeskiet en die regisseur Joel Souza gewond het tydens die verfilming van ‘n toneel in sy nuwe fliek Rust in Nieu-Mexiko. Die polisiehoof van Santa Fe sê geen klag is gelê en niemand is in hegtenis geneem nie. Hy sê Baldwin is ondervra en was in trane oor die voorval. Die filmmaatskappy Rust Movie Productions, sê die akteurs en die hele produksiespan is platgeslaan. Die maatskappy gee intussen sy volle samewerking met die ondersoek.