Omaheke-goewerneur gesels oor veediefstal

Veediefstal in die Omaheke-streek bly steeds ‘n uitdaging en dit neem toe. Daar is onlangs berig dat Angolese immigrante daarvoor verantwoordelik is, maar, daar was ook berigte van ‘n goed georganiseerde sindikaat wat ook talle vee gesteel het en die vleis in die hoofstad verkoop het. Die goewerneur Pijoo Nganate het die syfers tot dusver vanjaar so met verlede jaar vergelyk.