Banke bring 75 uit 114 aansoeke in die mosiehof

Dit was ‘n bielie van ‘n rol in die mosiehof vanoggend met 114 aansoeke om verstekvonnisse waarvan 20 op die reël 108 rol was. Regters Boas Usiku en George Coleman het die sessies, wat 75 aansoeke van kommersiële banke insluit, hanteer. Die banke eis 31 eiendomme met uitstaande skuld van amper 41,5 miljoen Namibiese dollar, sowel as 30 onbetaalde lenings ter waarde van 7,35 miljoen dollar. Veertien voertuie is ook agterstallig en moet terugbesorg word. In Maandag  se sessie sal regter Orben Sibeya 42 onverdedigde egskeidings hanteer.