Om te kan swem is nie ‘n luuksheid nie

Om te leer swem moet voorop gestel word en ‘n noodsaaklike vaardigheid wees. Plaaslik, sowel as in die buurland, verdrink talle mense jaarliks, veral kinders. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Seereddingsinstituut hoof uitvoerende beampte Cleeve Robertson sê ‘n derde van jaarlikse verdrinkings in die buurland is kinders jonger as 14. Hy sê alle kinders moet leer swem.

Robertson sê die gebrek aan ‘n swembad behoort niemand daarvan te weerhou om kinders te leer swem nie want daar is altyd maniere om ‘n swembad te skep. Hy wil hê skole regoor die land moet swem as ‘n lewensvaardigheid aanbied: