Clemens Kapuuo vandag herdenk

Die PDM herdenk vandag Clemens Kapuuo-dag. Kapuuo is op 27 Maart 1978 in ‘n sluipmoord-aanval agter sy winkel in Katutura doodgeskiet en tot vandag, is niemand vir sy dood aangekeer nie. Die herdenking vind vanmiddag om ses-uur by die Tabitha Konferensie-sentrum in Katutura plaas. Die party se sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe is aan die woord…