Om apartheid te blameer is ‘n ‘goedkoop verskoning’

Die leier van die Rally for Democracy and Progress, Mike Kavekotora, sê armoede in Namibië is mensgemaak en geskep deur die regering. Hy beklemtoon die regering moet ophou om die apartheidsregime vir armoede in die land te blameer. Kaveketora sê dit is ‘n mite en ‘n goedkoop verskoning. Volgens hom is dit ‘n bewys dat die regeringstrategie om armoede te beveg deur middel van maatskaplike toelaes nie werk nie en onvolhoubaar is. Hy sê hulpbronne word misbruik en korrupsie is aan die orde van die dag.