Teregstelling afgestel, beamptes kon nie ‘n aar vind nie

Amerikaanse amptenare in die staat Alabama het die teregstelling van ‘n gevangene met ‘n dodelike inspuiting op die nippertjie afgestel, omdat hulle nie ‘n aar kon vind voor die staat se doodsvonnis-lasbrief verval nie. Die kommissaris van Alabama se Korrektiewe Diens, John Hamm, sê dit het duidelik geword hulle sou nie betyds met die proses kon begin nie. Volgens internasionale media is die gevangene, Alan Miller, ʼn afleweringsvoertuig-bestuurder wat skuldig bevind is aan die moord op drie mans by sy werkplek in 1999, in Birmingham, Alabama.