Olimpiese Spele bly in die nuus

Japan se top-mediese kenners het gemaan dat die aanbied van die Tokio Olimpiese Spele tydens die Covid-pandemie, infeksies sal verhoog. Japan wil steeds die Olimpiese Spele op 23 Julie laat afskop. Freddy Mwiya, die Namibiese sportkommissie se sportadministrateur, sê Namibiese atlete berei al vir vier jaar vir die Olimpiese Spele voor.