Die Namibiese ministerie van binnelandse sake se hoofkantoor is van môre af weer oop

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake se hoofkantoor is van môre af weer oop vir dienste aan die publiek nadat dit gesluit moes word asgevolg van toenemende gevalle van Covid-19.Die kantoor van die ministerie in die noordelike industriële gebied was steeds oop vir laat geboorte registrasies, duplikaat geboorte- en doodsertifikate en die afhaal van identiteitsdokumente. Die ministerie het reeds ook aangekondig dat aansoeke vir ID-dokumente tot 2 Julie opgeskort word. Die masjien wat vingerafdrukke neem is stukkend en dus moet dit met die hand gedoen word wat die risiko vir infeksies vererger omdat sosiale afstand onmoontlik is.