Aappokke: Onbillike toegang tot entstof is kommerwekkend

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy bly bekommerd dat die onbillike toegang tot entstowwe wat tydens die Covid-19-pandemie gesien is, met aappokke herhaal gaan word. Meer as 35-duisend gevalle van aappokke is nou in 92 lande en gebiede aangemeld met 12 sterftes. Byna al die gevalle is in Europa en die Amerikas aangemeld. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die primêre fokus vir alle lande moet wees om te verseker hulle is gereed vir aappokke en om oordrag te stop deur die aanwending van doeltreffende openbare gesondheidsorg.