Olifant-organisasie se basiskamp tydens kitsvloede beskadig

Elephant Human Relations Aid, oftewel Ehra, se basiskamp in die Kunene-streek het erge skade tydens kitsvloede opgedoen. Verskeie infrastruktuur soos die dam en boorgat is erg beskadig en hul toerusting, ‘n voertuig en sleepwa het ook weggespoel. Die span van die basiskamp moes skuiling op hoër grond en in tente van ‘n naasliggende kamp kry. Die span het min kos en water, omdat die pad tussen Uis en Khorixas gesluit is nadat dit ook deur die swaar reën beskadig is.