Andy Birkett wen Dusi-kanovaart negende keer in ‘n ry

Kanovaart: Die oornag-voorlopers, Andy Birkett en Dave Evans, en Abby Solms en Bianca Haw, het hierdie jaar se onderskeie mans- en vroue-afdelings in die gewilde Dusi-marathon in Suid-Afrika gewen. Dit was Birkett se negende titel in ‘n ry, sy twaalfde algeheel, en Evans se eerste. Evans beskryf die afgelope drie dae as een van die grootste leerkurwes van sy jong roei-loopbaan. Solms en Haw het gister in die derde en laaste skof van die marathon nie ‘n voet verkeerd gesit nie en die eindpunt gehaal met ‘n oorwinning van tien minute.