Olieprys word ook geraak deur nuwe Covid-19 variant

Wydlopende internasionale reaksie word steeds ontvang na die bekendmaking van die
nuwe Covid-19 variant in onder andere Suid-Afrika, Botswana, Hong Kong en Israel. Dit
het ook ‘n impak op die internasionale ru-olie prys. Die Suid-Afrikaanse ekonomiese
ontleder Chris Bredenhann wat tans in die Midde Ooste by Deloitte werksaam is het sy
reaksie so aan Kosmos 94.1-Nuus verwoord.