Krieket ook deur nuwe Covid-19-variant geraak

Die Internasionale Krieketraad het Krieket Namibië ingelig dat die Verenigde
Arabiese Emirate Maandag sy grense sluit vir alle reisigers uit Afrika. Beide die VAE en
Oman se krieketspanne moet dus teen môre of Maandag terugkeer huistoe óf in
Namibië bly. Vandag se tweede wedstryd tussen die Eagles en Oman op die Wanderers
in die hoofstad sal dus die laaste van die Castle Lite driehoekige reeks wees met ses
geskeduleerde wedstryde wat dan in die slag bly. Die Namibiërs het gister se
openingswedstryd teen Oman met 40 lopies gewen.