Stephen Sondheim sterf

Die legendariese Amerikaanse komponis en liedjieskrywer Stephen Sondheim is op die
ouderdom van 91 oorlede. Sy prokureur het aan die New York Times gesê Sondheim is
gister by sy huis in Roxbury, Connecticut, oorlede.
BBC Nuus berig hy was ‘n titaan van die musiekteater wat die onwaarskynlikste
onderwerpe in vermaaklikheidslandmerke verander het.