Oliekol van Sirië kan Ciprus bedreig

Satellietbeelde wys hoe die oliekol noordwaarts van Sirië en dan ooswaarts in die rigting van Ciprus versprei. Wetenskaplikes reken dit kan die noorde van die eiland onder Turkse beheer later vandag bereik. Volgens internasionale media sê die Cipriese regering hy is gereed om bystand te verleen indien hy gevra word. Turkye sê intussen hy het reeds maatreëls ingestel om ‘n omgewingsramp te voorkom.