Namibiese, Suid-Afrikaanse motoriste dok meer op vir brandstof

Namibiese motoriste word daaraan herinner dat die brandstofprys om middernag vannag styg. Petrol styg met 60 sent ‘n liter en diesel met 30 sent. Nes Namibiërs sal Suid-Afrikaners ook vanaf môre duurder vir petrol betaal. In die buurland styg die prys van beide 93 en 95 loodvrye petrol met vier sent per liter, maar die prys van diesel daal met ongeveer 15 sent per liter.