Olie styg weer, produksie wisselvallig

Oliepryse het verder vandag gestyg met die nuus dat die groot produsente Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate waarskynlik nie in ‘n posisie is om uitset te verhoog nie sowel as die politieke onrus in Libië en Ecuador wat tot tekorte in aanbod lei. Brent het reeds vanaf 109 Amerikaanse dollar tot rondom 112 dollar ‘n vat gestyg. Daar is kommer omdat Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate gesien is as die enigste twee lande in Opul met ekstra kapasiteit beskikbaar om op te maak vir verlore Russiese voorraad en die swak uitset van ander lidlande. Ontleders waarsku ook dat politieke onrus in Ecuador en Libië ook verhoed olieproduksie sowel as –uitvoere nie plaasvind nie.