Olie-storting in Rusland

Russiese nuusagentskappe berig dat ‘n pyplyn wat in die Yamal-skiereiland in die verre noorde van Siberië in Rusland gebars het, ‘n olie-storting van 2 000 vierkante meter tot gevolg gehad het. Owerhede sê die gebied is reeds afgebaken en op die oomblik is daar geen aanduiding die dat olie enige van die mere of die Kara-see sal bereik nie. Volgens berigte was ‘n span besig om die pyplyn skoon te maak en dit is nie duidelik presies wat gebeur het nie, maar ‘n ondersoek is na die voorval gelas.