Bwabwata-stryd duur voort

Die stryd oor die Bwabwata Nasionale Park duur voort met die opdrag van die Ministerie van die Omgewing dat alle vee uit die park verwyder moet word. Die Hambukushu-gemeenskap sê die gebied behoort aan hulle en die park is geproklameer sonder enige konsultasie. Die gemeenskap sal vandag by Divundu vergader om die pad vorentoe te bespreek. Hulle wil die regering dwing om hulle as eienaars van die park te erken. Hulle sê die park vorm deel van hulle voorvaderlike grond. Die Mafwe, Mashi en die Barakwena eis ook eienaarskap van die park. Die ministerie sê op sy beurt hy hanteer nie grondeise nie en moet volgens wetgewing die nasionale park bestuur.