So help jy kleintjies se geletterdheid

Die Ek Kan Lees-geletterdheidsprojek, ontwikkel deur Zelda Barends aan die Universiteit Stellenbosch, het ‘n invloed op geletterdheidsvlakke van Wes-Kaapse leerlinge in die grondslagfase. Die afgelope vier jaar het die projek ontwikkel tot ‘n beduidende maatskaplike hulpmiddel. Matie-studente wat opgelei word om onderwysers in die Afrikaanse Huistaal-grondslagfase te word, gee vir 11 weke lank twee keer per week klas in die eerste semester van hul vierde jaar. Barends sê daar is ‘n manier waarop kinders geleer kan word om met begrip te lees: