Pous hoor oor kerk-skole in Kanada

Pous Franciskus het eerstehands gehoor van die gruwelike misbruik wat gepleeg is in Kanada se kerk-skole. Inheemse afvaardigings oefen druk op hom uit vir ‘n verskoning. Inheemse Metis- en Inuit-oorlewendes besoek die Vatikaan hierdie week vir vergaderings met die pous oor die skandaal wat die Katolieke Kerk geskud het. Meer as 1 300 ongemerkte grafte is sedert verlede Mei ontdek by kerk-skole wat deur Kanada se inheemse kinders bygewoon is as deel van die regering se beleid van gedwonge assimilasie.