Olie-reuse moet belasting op hul rekordwinste betaal – ekonoom

Volgens die ekonoom en Nobelpryswenner, Joseph Stiglitz, moet die wêreld se energiereuse ‘n spesiale belasting op hul reusewinste betaal. Hy sê die maatskappye het niks gedoen om die meevaller te verdien nie. Olie- en gasmaatskappye het vanjaar groot winste behaal aangesien energiepryse gestyg het weens vrese oor die aanbod nadat Rusland, ‘n groot produsent van fossielbrandstowwe, Oekraïne laat in Februarie binnegeval het. Die Amerikaanse oliereuse, ExxonMobil en Chevron het rekordwinste in die tweede kwartaal verklaar. Die Britse oliereus, Shell het in dieselfde tydperk ‘n vyfvoudige toename in sy netto wins beleef.