Numsa verklaar dooiepunt by South32, staking moontlik

Die Nasionale Metaalwerkersvakbond van Suid-Afrika het ‘n dooiepunt oor lone met die myn- en metaalmaatskappy, South32 verklaar. Die maatskappy bied ‘n algemene verhoging van 3,1 persent en ‘n eenmalige verhoging van 4 persent aan wat slegs vir een maand in kontant betaal word. Die vakbond eis ‘n algehele verhoging van 15 persent. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê die rede vir die dooiepunt is hoofsaaklik omdat die werkgewer daarop aandring om ‘n afgewaterde model te gebruik wanneer werkers by loongesprekke betrek word: