Olie: Het Namibië nog bronne?

Plaaslike media berig dat die onlangse olie-ontdekking in die Oranje-bekken moontlik ‘n aanduiding is dat Namibië die tuiste is van nog koolwaterstof-bronne. Die uitvoerende hoof van TotalEnergies Patrick Pouyanne, het die aanmerkings in New York by ‘n beleggerskonferensie gemaak. Daar is plaaslik groot verwagtinge vir die ontluikende petroleumbedryf, en daar word voorspel dat dit die BBP teen 2040 kan verdubbel. Beide TotalEnergies en Shell het vroeg in die jaar die vondse aangekondig maar TotalEnergies se bronne is baie groter, en word op 13 miljard vate beraam. Namcor skat dat Namibië 5,6 miljard Amerikaanse dollar vir die land gegenereer kan word. Daar is sedert onafhanklikheid ongeveer 30 miljard Namibiese dollar op eksplorasie deur olie-maatskappye bestee.