Akkerbou-regulasies: Belanghebbendes het 60 dae om insette te lewer

Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n openbare kennisgewing uitgereik oor nuwe administratiewe regulatoriese vereistes met betrekking tot die uitvoer, invoer, produkte in transito en plaaslike produksie van beheerde produkte. Die doel is om ‘n regulatoriese raamwerk te verskaf wat daarop gemik is om die beheer van markgehalte-versekering, voedsel en naspeurbaarheid van beheerde produkte binne verskeie segmente te versterk. Belanghebbendes het 60 dae om kommentaar te lewer en die raad sal ook werkswinkels in die verband in Oktober hou. Lorna Shikongo-Kuvare, die Akkerbouraad se hoofbestuurder vir regulasies, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.