Biden kondig bystand aan na Ian verwoesting saai in Florida

Orkaan Ian het verwoesting in Florida in die VSA gesaai en daar word beraam dat dit die ergste orkaan in 500 jaar is wat die deelstaat getref het. Die storm is nou op pad na Suid-Carolina en bou weer op oor die Atlantiese-oseaan. President Joe Biden het reeds ‘n ramptoestand afgekondig wat bystand selfs aan huishoudings bied.